top of page

Agtergrond

Nebulae Montessori is 1994 begin deur juf.Petro om haar eie twee kinders volgens die Montessori metode te onderrig. Op daardie stadium het die Klopper gesin op ‘n pragtige wildsplaas in die Waterberg gewoon en die naaste Montessori skool was 60 km van die plaas geleë.

 Einde 2003 word die grondeis op die wildsplaas gefinaliseer en 2004 verhuis hulle na Centurion en juf.Petro gaan voort met haar passie vir vroeë kinder ontwikkeling  in Hennopspark.

 2008 voltooi juf.Petro die ”Immergroen Ouerskap” fasiliteerder kursus van Hettie Brittz en gebruik sy die inligting oor die verskillende temperamente  om ouers en personeel op te lei om kinders beter te verstaan .

2010 word die aangrensende erf gekoop om Nebulae se speelarea te vergroot en ‘n ekstra klas word aangebou.

2015 skryf juf.Petro in by Dr. Melody de Jager om as gevorderde MindMoves Instrukteur opgelei te word. Dr. Melodie de Jager se neurowetenskaplike benadering oor kinder ontwikkeling komplimenteer die Montessori klem op die belang van sensories-motoriese ontwikkeling. Nebulae se groot-motoriese program word verder uitgebrei met die MindMoves bewegings program.

2018 besoek juf.Petro  Montessori skole in Amerika om hul toepassing van die Montessori opvoedkundige filosofieë waar te neem. Daarna volg ‘n besoek aan Nederland om na hulle Montessori toepassing te kyk en ons eie toepassing te vergelyk met die skole in die Noordelike halfrond.

 Februarie 2020 kom besoek die hoof en mede-stigter van Forest Bluff Montessori skool in Chicago waar juf.Peto einde 2018 gaan besoek afle het, juf.Petro in Suid Afrika om die Montessori standaard hier te bestudeer. Hegte Montessori vriendskapsbande word tussen Nebulae en Forest Bluff gesmeë.

2023 is ‘n baie spesiale jaar. Al juf.Petro se energie, toewyding en passie vir vroeë kinderontwikkeling die afgelope 29 jaar word beloon met die inskrywing van juf.Petro se eie kleinkind by Nebulae.

The constallation

Wat Beteken Nebulae?

neh·beau·lay

Die term Nebulae is ‘n astronomiese term wat verwys na die vorming van ‘n ster wanneer al die omstandighede in die buitenste ruim in perfekte balans is.

Dr.Montessori het die term Nebulae gebruik as beskrywing van die volmaakte omstandighede waarin kinders kan ontwikkel.

Die interaksie van die kind met die opvoedkundige Montessori apparaat, die wisselwerking tussen die kinders onderling en die spesiale verhouding tussen die volwassenes en kinders  in die voorbereide leeromgewing  lei daartoe dat die kinders floreer op sosiale, emosionele en intellektuele vlak.

 Wanneer hierdie optimale funksionering waargeneem word, is die skool met al die betrokke elemente ‘n Nebulae-‘n skool waar STERRE gevorm word.

The Jungle Gym on our playground

Ons Terrein

Nebulae is in ‘n baie stil, rustige  woonbuurt van Hennopspark geleë. Die skool is geseënd met ‘n verskeidenheid gevestigde bome wat 'n skaduryke speel omgewing skep. Die speelarea  is ruim en bied aan die kleuters die geleentheid om na hartelus te speel.

Sekuriteit

CCTV

Vir die beskerming van ons personeel en ons leerlinge, het ons 'n cctv sisteem wat bykans die hele skool dek.

Elektro-magnetiese Hek

Die hek by die ingangsportaal beperk toegang tot die skool.

Hekwag

Nebulae het 'n permanente hekwag wat toegang tot die perseel beheer.

​

Chess Buurtwag

Nebulae is deel van die Hennopspark Buurtwag stesel. Die woonbuurt word deur 'n kamera stelsel gemonitor.

Nebulae Montessori Skool Kalender (5).png

Kalender

Buitemuurse Aktiwiteite

Dance Mouse
KidiSportz
Leani Ballet
Acron Acrobats
Martin's Fun Gymnastics
Tiny Toks
Monkeynastix
Little Titans
Soccer Strikers
bottom of page