top of page

Ons Klasse

Child working with Montessori Materials
The goal of early childhood education should be to activate the child's own natural desire to learn.
Maria Montessori

12 - 24 Maande Groep

Die Blou Klas

Die aktiwiteite van die alledaagse lewe is die grondslag van ons Montessori-baba- en kleuterprogram. Aktiwiteite bevorder onafhanklikheid, orde, koördinasie en konsentrasie, asook om sosiale, emosionele, fisiese en kognitiewe ontwikkeling te ondersteun. Hierdie leeraktiwiteite sluit in:

• Selfsorg: was, aantrek, toilet en eet, volgens elke kind se individuele kapasiteit

• Versorging van die omgewing: skoonmaak, plantversorging en diereversorging

• Grootmotoriese aktiwiteite (binne en buite): stap, klim, hardloop, spring, balanseer, trappe klim, swaai en meer

• Fynmotoriese vaardighede: strek om iets by te kom, voorwerpe vashou, voorwerpe optel, voorwerpe skep van een bakkie na ‘n volgende en kunswerk doen

• Taal: benoem voorwerpe, beskryf aksies en gebeure, bespreek prente, lees, liedjies en rympies

• Sosiale vaardighede: die blootstelling aan goeie maniere en algemene etiket deur interaksies met maats, onderwysers en kleingroepspeletjies saam met die juffrouens

2-3 Jaar Groep

Die Pers Klas

Kinders leer deur te speel. Ons 2-3 jaar program is ontwerp om kinders op ‘n paadjie van ontdekking te lei in ‘n omgewing wat spesiaal vir hulle voorberei en ontwerp is.  Ons klas is ingerig om die maats se ingebore dryf na onafhanklikheid te fasiliteer. Ons het apparaat en aktiwiteite wat die kinders toelaat om te leer deur te doen. Dit is in hierdie vormings jare wat kinders se liefde vir leer ontwikkel word. Dr. Montessori het bevind dat maats in hierdie ouderdom in ‘n sensitiewe fase vir onafhanklikheid, orde, beweging en taal is en dat dit sleutel elemente in die kind se groei en ontwikkeling tydens hierdie fase is.

 

Vir baie maats in hierdie groep is dit die eerste keer wat hulle weg van hulle primêre versorger af is. Ons volg ‘n intesiewe inskakelings program om seker te maak dit is ‘n positiewe en gesonde ervaring vir die kind en ouers.

Die fokus in hierdie ouerderdomsgroep is om die volgende te bemeester:

  • Die oorskakeling van 2 jarige maats wat langs mekaar werk en speel na 3 jarige maats wat saam met mekaar werk en speel

  • Plant die saadjies van selfvertroue en onafhanklikheid

  • Hulp met die potty-training proses

  • Fokus op taal ontwikkeling en kommunikasie

  • Blootstelling aan die basis elemente van die 3-6 jaar program

3 - 6 Jaar Klas

Die Geel Klas

5 Areas in die 3-6 Jaar Klas

Die leer omgewing bestaan uit vyf verskillende areas.

Aktiwiteite van Alledaagse Lewe

Aktiwiteite van Alledaagse Lewe (AAL), wat dikwels 'gesinswerk' genoem word, is die aktiwiteite wat ons in en om die huis op ‘n daaglikse basis doen. Dit sluit in met ‘n besem vee, tafels afvee met ‘n lappie, skottelgoed was, kos voorbereiding, troeteldier versoring en plante water gee.

Aktiwiteite van Alledaagse Lewe ontwikkel en verfyn koördinasie van beweging, konsentrasie en ‘n gevoel van onafhanklikheid omdat die kind aktief in sy omgewing kan deelneem aan aktiwiteite wat ouers, boeties en sussies doen.

Deur die herhaling van AAL leer kinders om hul groot en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel, probleme doeltreffend op te los en 'n sterk gevoel van onafhanklikheid te vestig.

Practical Life Activity in the 2-3 year classroom
Sensorial Materials in a Montessori Classroom

Sensoriese Afdeling

“The world is colour, size, shape, vorm, sound, touch, taste, and smell.”

Die apparaat in die sensoriese deel van die klas, klassifiseer en verfyn die kind se sensoriese waarneming. ‘n Kind ervaar verskillende sensoriese insette deur die dag en wanneer ‘n kind se sensoriese waarneming goed ontwikkel en gevestig is, kan hulle daardie insette korrek registreer, interpreter en organiseer. Hierdie verfynde sensoriese insette, is die eerste stap vir effektiewe leer.

Wiskunde

Kleuters se brein is van nature wiskundig aangelê. Hulle het die vermoë om te redeneer, op te los en te skat. Hulle is oopnuut gefokus op hoeveelhede, hulle tel graag die hoeveelheid koekies vir nagereg of trappe na die klimraam.

Die Montessori Wiskunde apparaat is konkreet, wat die ‘n kind toelaat om deur sy/haar sintuie met hulle wiskundige ontdekking te begin. Hulle kan van abrastrakte konsepte leer deur met konkrete apparaat te werk en te leer van:

  • Manipulasie

  • Eksperimentering

  • Ontwerp (Invention)
     

Sodra die Wiskundige fondasie gevestig is, begin die kinders spontaan Wiskundige berekeninge doen:

  • Optel

  • Maal

  • Minus

  • Deel

Girl working with Montessori Math Materials
Montessori Language

Taal

Die apparaat in die taal afdeling van die klas is baie spesiaal ontwerp  om die kinders se taalvaardighede te ontwikkel. Woordeskatuitbreiding, inleiding tot fonetiese klanke en woordbou word op 'n prettige speel-speel manier vir die kleuters aangebied. Spesiale aktiwiteite en oefeninge vir die versterking van al die spiere betrokke by die ontwikkeling van skryf vaardighede vorm ook 'n integrale deel van die taal ontwikkeling program. Die maats begin spontaan lees en skryf na hul interaksie met die apparaat in die taal afdeling.

Kultureel

Die kulturele-area van die klas verdiep die kinders se begrip van die natuur om hulle. Die area bevat items wat betrekking het op geografie, geskiedenis, wetenskap, kuns en musiek, plantkunde en dierkunde. Tipiese apparaat in hierdie area is kaarte, aardbolle, vlae, instrumente, kunswerk en plante.

Montessori Globe Earth
bottom of page