top of page

Die Montessori Metode

Dr. Maria Montessori is 1870 in Italië gebore. Sy is een van die eerste dames in Italië wat haar as mediese dokter bekwaam het. Dr. Montessori het vanuit ‘n wetenskaplike, mediese benadering ‘n metode geskep om  haar filosofieë en teorieë oor kinder ontwikkeling toe te pas. Sy is drie keer benoem vir die Nobel prys vir haar navorsing en bydraes in neuro wetenskap. Vandag 116 jaar later is hierdie opvoedkundige metode meer suksesvol as ooit. 

Montessori klasse is pragtig uitgelê en toegerus met opvoedkundige apparaat om aan  al die kinders se ontwikkelings behoeftes te voldoen. Dr. Maria Montessori is 6 Mei 1952 in Nederland oorlede.

Bekendes wat Montessori Skole Bygewoon Het

Larry Page, Sergey Brin, Jeff Bezos, Mark Zuckerberg, Elon Musk, Juliia Child en vele ander beroemde persone het Montessori skole bygewoon.

​

 Larry Page en Sergei Brinn (Stigters van Google):

“Our Montessori education was the key to our success. The curriculum of self directed learning-where students follow their interest and decide for themselves what they want to learn. There was a resonance with the idea that education concerns inspiring students to become life long learners with a love of education.”

 

Jeff Bezos (Stigter van Amazon):

"The teaching philosophy at my school was to follow your interests, which was formative for me” Other key elements of Montessori that appeal to Bezos are the hands on approach-Montessori emphazises hands on experiences over rote memorization. This resonates with Bezos who built Amazon from scratch.

Mark Zuckerberg (Stigter van Facebook)

"One of the things that Montessori does, it teaches you how to learn. I think my Montessori education was very helpful for building Facebook because I had this independence to go off and work on things."

 

Elon Musk (stigter van Tesla en SpaceX):

“I loved the freedom to explore and learn at my own pace." He also credited Montessori for his work ethic-something that is essential to success.

​

Julia Child - eerste TV Cheff:

“Montessori wanted children to develop a friendly relationship to error. To understand that mistakes are a normal part of learning, and that to learn, you must be willing to make mistakes, and then to move forward.”

Will Wright (Stigter van Simcity en SIMMS):

“Montessori showed me the joy of discovery. It’s all about learning on your terms, rather than a teacher explaining stuff to you. SimCity comes right out of Montessori.”

​

Helen Keller se onderwyseres skryf as volg oor Helen se Montessori ervaring: “Only through freedom can people develop self control, self dependence, willpower and initiative. This is the lesson Helen’s education has for the world.”

Algemene Vrae Oor Ons Skool

Hoe word kinders gedissiplineer?

Wanneer ouers tydens hul besoek aan Nebulae die kinders se onafhanklike en selfstandige funksionering in die klasse sien is hulle altyd aangenaam verras. Die stil rustige atmosfeer en gesellige interaksie tussen die kinders verstom die besoekende volwassenes.

Volgens die Montessori-metode het ons duidelike riglyne (Ster-reëls) wat baie mooi vir die maats verduidelik en gedemonstreer word. Die riglyne of ster-reëls kan eintlik opgesom word as goeie maniere en bevorder goeie samewerking, agting en respek tussen die kinders in die klas. Indien ‘n kleuter nalaat om van die riglyne na te kom, sal die personeel die reël weer mooi verduidelik. In 99% van die insidente sal die kind weer by die reëls inval en die probleem is opgelos.

Indien die kind  sou voortgaan om nie die riglyne vir optrede te volg nie, sal die kind gevra word om vir ‘n kort rukkie nie aan die aktiwiteideel te neem nie. Die kleinding sal dan net mag kyk wat die ander maats doen. Die kind sal genooi word om aan die volgende aktiwiteit deel te neem op voorwaarde dat hy/sy by die klasreëls bly. Dit is altyd opvallend dat die kind wat dan ‘n toeskouer is, gou besef dit is nie aangenaam om nie deel te wees van die aktiwiteite nie, en kom vra gewoonlik of hulle weer kan deelneem (hulle sal gewoonlik ook noem dat hulle by die ster reëls sal bly).

In uiterste gevalle waar ‘n kind aanhoudend die reëls sou oortree ten spyte van almal se pogings om die kind by te staan om hul gedrag te verbeter, en dit vir die personeel duidelik is dat die ongehoorsame gedrag moontlik te wyte kan wees aan ander faktore, word die ouers in kennis gestel, en riglyne vir gedrags verandering word met die ouers bespreek en voorgestel.

​

Hoeveel tyd spandeer die kinders daagliks aan die apparaatwerk? Is dit al wat die kinders die hele dag doen? Net die apparaat werk?

Die maats het soggens geleentheid om tydens apparaattyd met die Montessori opvoedkundige apparaat te werk. Die werksiklus wissel vir elke groep. Die ouer maats werk vir ‘n uur en ‘n half met die Montessori apparaat. Na apparaattyd geniet die kinders eers vrye spel buite en dan volg die res van ons opvoedkundige program.

Gaan my kind so rustig en stil soos die anders kinders kan werk? Gaan my kind nie die rustige atmosfeer bederf nie?

Sodra ‘n nuwe kleuter by Nebulae aansluit, ondersteun ons daardie kind intensief om al die basiese vaardighede in die voorbereide leer omgewing te bemeester. Die nuwe kleuter leer ook ongelooflik baie wanneer hulle die ander maats dophou en begin baie gou op ‘n rustige produktiewe manier in die klas werk.

Sal my kind ‘afhanklik’ raak van die apparaat? Of gaan my kind altyd die apparaat benodig?

Hoekom word daar verwys na “kinders werk met die apparaat” en nie “kinders speel met  opvoedkundige speelgoed nie”?

Die Montessori apparaat is ongelooflik effektief omdat abstrakte konsepte op ‘n konkrete manier aan die kinders oorgedra word.

Die apparaat gee vir die kinders ‘n multi-sensoriese ervaring wanneer die kinders die apparaat hanteer. Die kombinasie van die konkrete en multi-sensoriese aspekte van die apparaat ondersteun die kind se begrip op ‘n meer abstrakte vlak en dan benodig die kind die apparaat nie meer nie.

Wanneer ‘n kind genoeg geleentheid het om tydens die regte ontwikkelingsvlak met die Montessori opvoedkundige apparaat te werk, “internaliseer”  die kinders die abstrakte konsepte en word die gebruik van die apparaat oorbodig wanneer die kind na die volgende ontwikkelingsvlak  Gr.1 aanbeweeg.

​

​

Play is  the work of the child” - Maria Montessori

​

In Montessori gebruik ons die woord "werk" om te verwys  na ‘n kind se natuurlike geneigdheid om te verken , te leer, of soos meeste mense dit noem, “speel”.

 Vir kinders in ‘n Montessori skool voel die hantering van die opvoedkndige apparaat soos “ speel”  en nie leer nie. Elke aktiwiteit ontwikkel die kinders op alle vlakke. ‘n Kind wat volkome by hulle spel (werk) betrokke is, ervaar:  intense bevrediging , vaardigheids ontwikkeling  en trots.

Die belangrikste rol wat speel kan hê, is om kinders aktief te laat deelneem, keuses te maak en aksies en gekoordineerde beweging te oefen totdat hulle voel hulle het dit bemeester.

Kinders moet met ‘n wye verskeidenheid onderwerpe eksperimenteer: kuns, musiek, taal, wetenskap, wiskunde en sosiale verhoudings, omdat elkeen belangrik is vir die ontwikkeling van 'n komplekse en geïntegreerde brein. Speel wat sensoriese, kognitiewe en sosiaal-emosionele ervarings verbind, bied 'n ideale omgewing vir breinontwikkeling.

​

Volgens Montessori is die essensiële aspekte van speel as volg:

•           Vrywillig, aangenaam, doelgerig en spontaan

•           Kreatiwiteit word uitgebrei deur die gebruik van probleemoplossingsvaardighede, sosiale    vaardighede, taalvaardighede en fisiese vaardighede

•           Laat ‘n kind toe om nuwe idees uit te brei

•           Laat ‘n kind toe om sosiaal aan te pas

•           Laat ‘n kind toe om emosionele probleme op te los

As speel die werk van die kind is, dan is speelgoed (apparaat) die gereedskap. Deur apparaat leer kinders oor hul wêreld, hulself en hul interaksie met ander kinders.

​

Wat is die verskil tussen Montessori- en tradisionele kleuter onderwys?

‘n Montessori klas lyk dramaties anders as ‘n tradisionele klas. In Montessori verwys ons na ‘n klas as ‘n voorbereide verrykte leeromgewing waarin al die apparaat op die kinders se vlak uitgestal is gereed vir gebruik.

 

Die uitleg van die klas fasiliteer die Vryheid van keuse wat die kinders uitoefen wanneer hulle besluit met watter ovoedkundig apparaat wil werk en hoe lank hulle daarmee wil werk.

 

In ‘n tradisionele skool is die aanbied van die les en aktiwiteite meer volwassene gedrewe. Die onderwyseres bepaal die les/aktiwiteit en die kinders neem almal gelyktydig aan die aktiwiteit deel.

In ‘n Montessori klas is daar ‘n gesellige atmosfeer-die kinders werk saam aan aktiwiteite en bespreek hul aktiwiteite met mekaar- daar is nie absolute stilte nie, net ‘n baie rustige atmosfeer.

In ‘n tradisionle kas moet die kinders stil wees en mooi luister wat die onderwyseres vir die groep wil se.

Volgens die Montessori metode word kinders nie beloon nadat hulle ‘n aktiwiteit voltooi het nie-die beloning is intern (die kind se ervaring van sukses nadat ‘n aktiwiteit suksesvol voltooi is)

In ‘n tradisionele klas is die beloning van ‘n juffrou af met ‘n sterretjie of goeie punte na afhandeling van ‘n taak of opdrag.

Waarom is daar 3 – 5 jariges in een klas?

Kleiner en groter maats trek voordeel uit hierdie ouderdoms groepering. Die groter maats is trots om as rolmodelle en mentor op te tree en verkry ‘n dieper begrip van ‘n konsep wanneer hulle ‘n kleiner maatjie verduidelik en leer; die jonger maats voel veilig in die omgewing en leer terwyl hulle die ouer maats waarneem. Terwyl maats van leerder na mentor ontwikkel, weerspieël hierdie ontwikkeling die werklikheid van die lewe. Die Montessori-metode is gebaseer op die oortuiging dat kinders se selfbeeld voortspruit uit 'n interne gevoel van trots in hul eie prestasies, en die vaardighede wat hul onafhanaklik van volwassenes ontwikkel.

Gaan my kind in ‘n gewone tradisionele skool aanpas nadat hulle gewoond was aan die vryheid van die  Montessori metode?

Die vryheid van keuse wat die Montessori metode bied ontwikkel ‘n kind se self dissipline, impuls beheer en bevorder hul groot motoriese beplanning. Sodra ons kinders in Gr.R of Gr.1 oorskuif na skole met ‘n meer tradisionele onderrig metode, floreer hulle.As 6- en 7 -jariges betree hulle ‘n nuwe ontwikkelings fase, en die “groot skool” en meer tradisionele benadering maak voorsiening vir daardie nuwe behoeftes. Die terugvoer wat ons van  Laerskole in ons omgewing kry oor ons maats se aanpassing is oorweldigend positief.

Is Montessori gegrond op Katolieke beginsels?

Dr.Maria Montessori was ‘n lid van die Katolieke kerk, maar haar onderrig metode funksioneer onafhanklik van enige godsdienstige demoninasie. Dr.Montessori het baie klem geplaas dat die hoof van ‘n Montessori skool die taal, kultuur en godsdiens van ‘n spesifike skool bepaal. Nebulae is ‘n Afrikaanse Christelike Montessori skool.

bottom of page