top of page

Toelating Proses

1. Voltooi die Aansoek om Toelating vorm en stuur die voltooide vorm na nebulaester@gmail.com

2. Na ontvangs van die Aansoek om Toelating vorm, sal voornemende ouers genooi word om die skool te besoek.

3. Indien ouers na afloop van die skool besoek besluit om in te skryf, sal die formele inskrywings vorm aan die ouers ge-epos word. 

4. Na ontvangs van die inskrywings vorm en bewys van betaling, sal die inskrywing voltooi wees.

5. Datum vir die inskakeling periode sal daarna bevestig word.

Aansoek om Toelating Vorm

Child on swing

Skool Besoek

Tydens die skool besoek word voornemende ouers deur die hoof, Juf Petro, by die skool ontvang. Juf Petro neem die ouers op 'n toer deur die skool, klasse, en speel terrein. Ons skool se filosofie, die Montessori Metode en ander inligting word tydens die besoek gedeel.

Inskakeling Periode

Nadat ouers hul kleuter by Nebulae ingeskryf het, begin ons met die kleuter se inskakelings program.

 Gedurende die inskakelingsprogram gee ons vir die kleuter die geleentheid om die skool omgewing in die teenwoordigheid van ‘n liefdevolle ouer of versorger te ontdek en te verken.

Die inskakelings periode duur gewoonlik 3-4 dae. Die kleinding het gewoonlik na 4 dae genoeg selfvertroue om dan alleen by die skool te wees.

Children reading in treehouse
Skoolfooi

6 Maande - 36 Maande

Half Dag

R4000

Vol Dag

R4500

3 Jaar - 6 Jaar

Half Dag

R3900

Vol Dag

R4300

bottom of page